Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
Dinsdag, 18 Mei 2021
Hier is tans 98 099 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

Li Bai (701 tot 762), ook bekend as Li Po, is 'n Chinese digter wat in sy leeftyd al vereer is en tot vandag nog geprys word as 'n genie en romantikus wat tradisionele poësievorme tot nuwe hoogtes geneem het. Hy, saam met sy vriend Du Fu, was die vernaamste bydraers in die bloeitydperk van Chinese digkuns tydens die Tang-dinastie. Die Tang-dinastie word beskryf as "China se goue era" en die uitdrukking "Drie wonders" verwys na Li Bai se digkuns, Pei Min se skermkuns en Zhang Xu se kalligrafie.

Nagenoeg 'n duisend gedigte wat aan Li Bai toegeskryf word, het behoue gebly. Dit is saamgevoeg in vier bloemlesings uit die Tang-dinastie, terwyl vier-en-dertig van sy gedigte ingesluit is by die bloemlesing Driehonderd Tang-gedigte, wat vir die eerste keer in die 18de eeu gepubliseer is. Vertalings van sy gedigte word ook in hierdie tyd in Europa gepubliseer. Die gedigte dien as modelle om die plesier van vriendskap, die diepte van die natuur, afsondering en wyn te vier. Onder die beroemdste gedigte tel Om wakker te word uit dronkenskap, Die moeilike pad na Shu en Op 'n stil nag, wat steeds in Chinese skooltekste voorkom. In die Weste word nog voortdurend meertalig vertaalde tekste van Li se gedigte gepubliseer, Afrikaans ingesluit. Sy lewe self het 'n legendariese gedaante aangeneem met stories van dronkenskap, ridderlikheid asook die bekende mite dat hy in 'n rivier verdrink het na 'n poging om die maan se waterweerkaatsing vanuit 'n boot te omhels.

Groot gedeeltes van Li se lewe word deur sy gedigte ontbloot: plekke waar besoek afgelê is, vriende wat afgesien is op hul reis na verafgeleë bestemmings en dalk nooit weer te sien gekry is nie, sy eie dromerige verbeeldingsvlugte verweef met sjamanistiese botone, aktuele gebeure waarvan hy te hore gekom het, beskrywings uit die natuur gesny en vervat in tydlose poësie en so meer. Spesifiek van belang egter is die veranderinge wat in sy leeftyd plaasgevind het. Sy vroeëre gedigte is geskryf binne die milieu van 'n "goue era" van vrede en voorspoed in die Tang-dinastie, onder die gesag van 'n keiser wat die kunste aktief ondersteun en aan deelgeneem het. Die omgewing verander nogtans skielik en drasties met generaal An Lushan se rebellie, waartydens die hele noordelike China deur oorlog en hongersnood verwoes is. Li se poësie neem hierna ook 'n nuwe toon en kwaliteit aan. Anders as in die geval van Li se jonger vriend, Du Fu, sou hy nie lank genoeg leef om die einde van die chaos te beleef nie. Groot gedeeltes van Li se digkuns is nietemin vir die nageslagte bewaar met blywende gewildheid in China en elders.

...lees verder

In die nuus

Het u geweet...

... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld.

... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is.

Vandag in die geskiedenis

18 Mei

Voorbladbeeld
Swartbessies, wat hul naam verleen het aan 'n gewilde mobiele foon, die Blackberry.
Foto-erkenning: Ivar Leidus
Vind artikels
Soekhulp

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.