Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
Woensdag, 17 Maart 2021
Hier is tans 97 276 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79, met die simbool Au (Latyns: aurum, vir "dagbreekglans"). Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels saamgesmelt tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees smeebare en rekbare metaal van al die bekende metale — dit kan gehamer word tot 'n dikte van ongeveer een honderste van 'n millimeter en 30 g goud kan uitgerek word tot 'n gouddraad met 'n lengte van 100 km. Goud is 'n goeie geleier van elektrisiteit en warmte. Dit het die derdehoogste geleidingsvermoë ná silwer (Ag) en koper (Cu).

Goud is, sover bekend, die eerste edelmetaal wat deur die mensdom ontdek is. Argeoloë het bevind dat artikels wat van goud gemaak is, tot so oud as 6 000 jaar kan wees. Die metaal is tradisioneel gewild danksy sy besondere eienskappe en helder voorkoms. Goud se gesogdheid het daartoe gelei dat dit deur die eeue as betaalmiddel (geld), as monetêre reserwebate, in juweliersware, tandheelkunde en dies meer gebruik is. As gevolg van die mensdom se waardering vir die metaal, het goud 'n groot impak op die menslike geskiedenis gehad.

Dit is onseker waar en hoe goud ontstaan, maar dit word algemeen aanvaar dat dit deur kernfusie gebeur. Die relatiewe gemiddelde van die voorkoms van goud in die Sonnestelsel blyk hoër te wees as wat in die vroeë heelal, in sterre of selfs in tipiese supernova-ontploffings gevorm kon word. Sommige astronome meen dat neutronryke swaarmetale soos goud die maklikste in neutronryke ontploffings, soos in die botsings tussen neutronsterre, gevorm kan word.

Goud word meesal in sy gedeë vorm in die natuur gevind, soms as goudklonte (nuggets). Dit kom egter ook saam met silwer, kwarts (SiO2), kalksteen (CaCO3), lood, tellurium, sink en koper voor.

...lees verder

In die nuus
Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu in 2011

Het u geweet...

... dat 'n hartvorm () deur 'n wiskundige funksie geteken kan word? Die funksie staan bekend as 'n kardioïed en kan eenvoudig gedefinieer word in poolkoördinate.

... dat Manfred von Richthofen, die Duitse vegvlieënier wat ook as die Rooi Baron bekend gestaan het, tydens die Eerste Wêreldoorlog tot 80 vyandelike vliegtuie afgeskiet het?

Vandag in die geskiedenis

17 Maart: Sint Patricksdag

Mimi Coertse

Voorbladbeeld
'n Skoenmaker aan die werk in Capri, Italië.
Fotograaf: Jorge Royan, 2008
Vind artikels
Soekhulp

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.