Romansch

Romansch
rumantsch/romontsch/rumauntsch
Gepraat in:  Switserland 
Gebied: Graubünden
Totale sprekers: 60 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Wes-Romaans
    Galloromaans
     Retoromaans
      Romansch 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Switserland
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: rm
ISO 639-2: roh
ISO 639-3: roh 
Die tale van Switserland:
Duits (63.7%; geel),
Frans (19.2%; pers),
Italiaans (7.6%; green),
Romansch (0.5%; rooi)

Romansch of Alperomaans is 'n versameling dialekte in die Switserse en Italiaanse Alpe wat behoort tot die Romaanse tale en meer spesifiek tot die Retoromaanse (ook: Raetoromaans ) taalgroep. Daar is drie groepe: Romansch van die Switserse kanton Graubünden, die van die Dolomiete in Suid-Tirole (ook: Ladinies) en die van Frioelië (ook: Frioelies). Onderling is hierdie dialekte nouliks verstaanbaar en baie beskou hulle as aparte tale. Die artikel gaan uitsluitlik oor Retoromaans in die eng sin: die van Switserland.

Sprekers

Romansch het c. 35000 sprekers (bron: Universiteit Zürich) en het in die drietalige kanton Graubünden die status van amptelike taal. Elders in Switserland en op federaal vlak is dit nie so nie: die nasionale wette worde slegs in Switser land se ander drei amprelike tale, Duits, Frans en Italiaans opgestel, en nie in Retoromaans. (Let wel sedert 'n paar jaar gelede word alles ook in die Grischun gepubliseer, en geld dit as vierde landstaal.)

Problematies in die verband is steeds die heterogeniteit van die taal gewees: daar is vyf hoofdialekte, waarvan die uiterstes onderling moeilik verstaanbaar is en die oorgangsdialekte te klein is om as kompromis te kon dien. Surselvisch, die westelikste variant het die meeste sprekers, gevolg deur Vallader, die oostelikste. Sedert 1982 bestaan die Rumantsch Grischun, 'n kunsmatige standaardtaal wat op die drie grootste dialekte berus en nou in die onderwys gebruik word, maar wat nêrens 'n moedertaal is nie.

Dialekte

Romansch omvat die volgende vyf dialekte:

  • Surselvisch in die dal van die Voor-Ryn en elders in die Bündner Oberland,
  • Sutselvisch in die Schamsertal en Surmeiries in Oberhalbstein en Albulatal, saam Mittelbündnerisch,
  • Vallader en Puter, respektiewelik in Unter-Engadin en Ober-Engadin (die dal van die Inn) wat saam Engadinisch of Ladinisch genoem word (laasgenoemde term moet nie verwar word met die Ladinisch van die Dolomiete nie). Beide hierdie variante is nader aan Italiaans.

Baie Romansche sprekers woon inmiddels buite Graubünden, byvoorbeeld in Zürich of Genève.

Die taal kan as volg geklassifiseer word:

  • Indo-Europees
    • Italies
      • Romaans
        • Wes-Italies
          • Gallo-Iberies
            • Gallo-Romaans
              • Gallo-Raeties
                • Raeties
                  • Raetoromaans

Dialekte en skryftale aan die begin van die 21ste eeu

Die vyf dialekte van Romansch beskik almal oor hul eie skryftaal wat 'n oorkoepelende funksie ten opsigte van die dikwels afwykende plaaslike dialekte vervul. Die vyf dialekgebiede verskil baie sterk op fonetiese, grammatikale en leksikale vlak sodat sprekers van verskillende dialekte nie maklik met mekaar kan kommuniseer nie. Nogtans is daar 'n dialektologiese kontinuüm wat oor die hele taalgebied strek en sowel naburige asook verder af geleë streke deur gemeenskaplike kenmerke met mekaar verbind. Surselvisch, wat dikwels meer behoudend ten opsigte van ouer taalvorms is, toon nogtans sterk Duitse invloede, terwyl die aangrensende Italiaanssprekende gebiede hul taalkundige stempel op die Retoromaanse dialekte van die Engadin- en Surmeir-streke afgedruk het.

Die Zürichse taalkundige Heinrich Schmid het in 1982 met Rumantsch Grischun (RG) 'n uniforme skryftaal geskep wat sedertdien voortdurend uitgebou word en sedert 1997 deur Switserse federale owerhede en die kanton Graubünden as amptelike taal vir kommunikasie met Retoromane gebruik word. Rumantsch Grischun is 'n taalkundige kompromis wat op die belangrikste ooreenkomste ussen die drie skryftale Surselvisch, Surmeirisch en Engadinisch baseer. Die hoofdoelwit was om 'n eenvoudige en verstaanbare standaardtaal uit alle drie idiome te skep waarby elke taalgebied so veel eie kenmerke moontlik sou kon bewaar. Volgens hierdie begins is opvallende dialekkenmerke soos die /ü/- en /ö/-klanke van Engadin en ander afwykings geëlimineer. Ook die spelling van RG berus op 'n kompromis waarby byvoorbeeld die ch van Engadin aan die begin van 'n woord, die tg van Surselva en Mittelbünden binne en aan die einde van 'n woord gespel word soos in chaval "perd", spetgar "wag" en notg "nag".

Die Groot Raad van die kanton Graubünden het in die somer van 2003 besluit om Retoromaanse skoolboeke uitsluitlik in Rumantsch Grischun uit te gee. Sodoende is dit ook as die standaardtaal van die onderwys ingevoer. Die besluit het aanvanklik hewige reaksies uitgelok. Drie groepe van munisipaliteite in die Münstertal, in Mittelbünden en in Unter-Surselva het Rumantsch Grischun in die laat somer van 2007 as skooltaal aanvaar. Die eerste beduidende werk, wat in hierdie taal verskyn het, was die Retoromaanse uitgawe van die geskiedkundige ensiklopedie Historisches Lexikon der Schweiz, die Lexicon Istoric Retic, wat vanaf 1990 gepubliseer is.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels


Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.