Lauren Bacall

Lauren Bacall
Bacall in 1944

Geboortenaam Betty Joan Perske
Geboorte 16 September 1924
The Bronx
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Sterfte 12 Augustus 2014
New York Stad
Beroep(e) Aktrise, model
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lauren Bacall, die skuilnaam van Betty Joan Perske (16 September 192412 Augustus 2014), was 'n Amerikaanse model en aktrise. Bacall was reeds in die jare veertig 'n mode-ikoon en was tot haar dood in die filmwese betrokke gewees. Sy was met Humphrey Bogart getroud en het in 'n paar rolprente saam met hom verskyn.[1]

Lauren Bacall in 1989

Bacall is veral bekend as die "leidende dame" in verskeie misdaad-dramas. In die genre verskyn sy in rolprente soos The Big Sleep (1946) en Dark Passage (1947). Sy het as komediant in How to Marry a Millionaire (1953) en Designing Woman (1957) opgetree. In 2005 sluit sy haar loopbaan af met 'n klein rol in Manderlay, 'n film van Lars von Trier.

In 1999 is Bacall deur die American Film Institute as een van die 25 grootste vroulike sterre van alle tye bekroon.

Sy is op 12 Augustus 2014 aan 'n ernstige beroerte by haar huis in New York Stad oorlede.[2]

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (nl) Aktrise Lauren Bacall oorlede

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.