Italiaans

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Italianers.
Italiaans
italiano
Gepraat in:  Italië
 Switserland
 San Marino
 Vatikaanstad
 Slowenië
 Kroasië
 Somalië
 Eritrea
 Libië
 Malta
 Kosovo
 Montenegro 
Gebied: Suid-Europa
Totale sprekers: 64 miljoen (moedertaal)
3 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 20
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Wes-Romaans
    Italoromaans
     Italiaans 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Europese Unie
 Italië
 Switserland
 San Marino
 Vatikaanstad
Orde van Malta
Gereguleer deur: Accademia della Crusca
Taalkodes
ISO 639-1: it
ISO 639-2: ita
ISO 639-3: ita 

Die taal Italiaans (italiano of lingua italiana [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]) is 'n lid van die Romaanse taalgroep. Italiaans word deur ongeveer 57 miljoen mense in Italië, in verskillende dialekte gepraat. Sommige van hierdie dialekte verskil soveel van standaard-Italiaans, dat hulle selfstandige tale geword het.

Verspreiding van Italiaans in Europa

Die aantal sprekers van standaard-Italiaans in Italië bedra ongeveer 30 miljoen. Italiaans word ook in Switserland (vernaamlik in die kanton Ticino), San Marino en Vatikaanstad en deur minderhede in Slowenië en Kroasië gepraat. Italiaans is ook 'n baie belangrike taal onder immigrante in verskillende lande, veral die Verenigde State, Australië, Kanada, Brasilië, Argentinië en verskillende lande in Noord- en Oos-Afrika - waaronder die voormalige Italiaanse kolonies Somalië, Libië en Ethiopië. Dit bring 'n wêreldwye totaal van 63 miljoen Italiaans sprekendes mee.

Italiaans word in die Latynse alfabet geskryf. Die oudste geskrewe materiaal stam uit die 10de eeu. Daar is egter baie meer materiaal uit die 14de eeu; wat die werke van die beroemde klassieke Florentynse digter Dante Alighieri, maar ook van Petrarca en Boccaccio insluit.

Standaard-Italiaans is gebaseer op die dialek van Toskane, die streek in en rondom Florence. Op die eilande Sardinië en Korsika word dialekte gepraat wat nou verwant is aan die dialekte op die Italiaanse vasteland, maar om kulturele redes dikwels as Korsikaans en Sardies as selfstandige tale bestaan.

Italiaans is ook die taal van musiek; baie musiekterme is uit Italiaans afkomstig.

Italiaans word soos Afrikaans volgens fonetiese beginsels geskryf. As mens die uitspraakreëls ken sal mens geen moeite hê om 'n geskrewe woorde uit te spreek nie, en andersom. In Italiaans word alle lettergrepe van 'n woord uitgespreek. Die Italiaanse alfabet bestaan uit slegs 21 letters. Die J, K, W, X en Y ontbreek, hoewel dié wel in leenwoorde uit bv. Grieks en Engels kan voorkom.

Invloed in Afrikaans

Daar is Afrikaanse woorde wat aan Italiaans ontleen is of regstreeks, soms deur Nederlands, uit Italiaans kom.

Eet en drink

Finansieel

  • Bankrot - banca (bank) rotta (gebreek)
  • Bank
  • Kapitaal
  • Kassa
  • Saldo

Hierdie woorde is in die 14e en 15e eeu met die Italiaanse boekhoumetode in Nederlands opgeneem en het so ook in Afrikaans hulle opwagting gemaak.

Musiek

  • Allegro - lewendig, opgewek
  • Piano - sag
  • Andante - op 'n loopgang
  • Sonate
  • Forte - hard
  • Continuo - ononderbroke
  • Crescendo - geleidelik harder

sien ook: Italiaanse musiekterme

Ander

Verwysings

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Italian". Ethnologue. Besoek op 13 Februarie 2016.

Eksterne skakels


Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.