Italië

Repubblica Italiana
Italiaanse Republiek
Vlag Wapen
Volkslied: Il Canto degli Italiani
(Italiaans vir: "Die Lied van die Italianers")
Hoofstad Rome

41°54′N 12°29′O / 41.900°N 12.483°O / 41.900; 12.483

Grootste stad Rome
Amptelike tale Italiaans
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Sergio Mattarella
Giuseppe Conte
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie
• Republiek


17 Maart 1861
2 Junie 1946
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
301 338 km2  (71ste)
116 347 myl2
2,4
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
60 589 445[1] (23ste)
59 433 744[2]
201,3 / km2 (63ste)
521,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$2 378 miljard[3] (12de)
$39 145[3] (32ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$2 049 miljard[3] (8ste)
$33 725[3] (27ste)

MOI (2015) 0,887[4] (26ste)    baie hoog
Gini (2016) 33,1[5]   medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .it
Skakelkode +39

Italië (Italiaans: Italia, [iˈtaːlja], ), amptelik die Italiaanse Republiek (Repubblica Italiana, [reˈpubblika itaˈljaːna]), is 'n land in Suid-Europa, wat bestaan uit 'n stewelvormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sisilië (Sicilia) en Sardinië (Sardegna). Daarbenewens behoort kleiner eilande in die Middellandse See soos Capri en Elba ook tot Italië.

Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk in die noordweste, Switserland en Oostenryk in die noorde en Slowenië in die noordooste. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaanstad is klein ingeslote Italiaanse gebiede, eksklawes. In die suide is die eilandnasie Malta geleë wat nie deel van Italië is nie.

Italië is 'n stigterslid van die Europese Unie en die NAVO asook 'n lidland van die Verenigde Nasies. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer en in 2002 die Euro-banknote en -muntstukke.

Geskiedenis

Italië het 'n groot invloed gehad op die kulturele en sosiale ontwikkeling van die hele gebied rondom die Middellandse See, en het ook die Europese kultuur sterk beïnvloed. Belangrike kulture en beskawings het daar voorgekom sedert pre-historiese tye. Na Magna Graecia, die Etruskiese beskawing en veral die Romeinse Ryk wat hierdie deel van die wêreld vir eeue oorheers het, was Italië die middelpunt van Europese wetenskap en kuns gedurende die Middeleeue en die Renaissance.

Moderne Italië het eers onlangs 'n land geword, op 17 Maart 1861, toe die meeste van die lande van die skiereiland verenig is onder Koning Viktor Emanuel II van die Savoje-dinastie, wat regeer het oor Sardinië en Piëmont. Die argitekte van die Italiaanse eenwording was Camillo Benso di Cavour, die hoofminister van Victor Emmanuel, en Giuseppe Garibaldi, 'n generaal en nasionale held. Rome self het vir 'n dekade daarna nog onder die regering van die Pous gebly, en het eers deel van die Koninkryk van Italië geword op 20 September 1870. Die Vatikaan is nou 'n onafhanklike land binne-in en omring deur Rome.

Gebiede

Italië word verdeel in 20 gebiede (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n *:

'n "Gebied" (Regione) sou beter in Afrikaans 'n provinsie genoem word, behalwe dat so 'n gebied weer verder in provinsies verdeel word. So byvoorbeeld vind mens die gebied Veneto (Regione Veneto) wat opgedeel is in provinsies soos Belluno, Padova, Rovigo, Treviso ens. Dit is hieruit duidelik dat 'n letterlike vertaling nie moontlik is nie, en dat die benaming "provincia" nie dieselfde betekenis het as "provinsie" in Afrikaans nie. (In Italiaans is "province" die meervoud van "provincia".)

Stede

Die hoofstad en grootste stad van Italië is Rome. Binne-in die stad bevind die onafhanklike Vatikaanstad homself waarvan die pous die hoof is. 'n Tweede onafhanklike enklawe binne die Italiaanse grense is San Marino, naby die vakansiedorp Rimini aan die ooskus. Ander belangrike stede is Milaan, Turyn, Genua, Venesië, Florence, Bologna, Verona, Napels, Ancona, Bari, Messina en Palermo (die hoofstad van Sisilië).

Sport

Die by verre gewildste sport in Italië is sokker. Die Italiaanse nasionale sokkerspan, Gli Azzurri – "die bloues", is een van die suksesvolste nasionale sokkerspanne wêreldwyd en kon die FIFA Sokker-Wêreldbeker vier keer wen (1934, 1938, 1982 en 2006). Italiaanse sokkerspanne kon 48 belangrike Europese trofee oorwin wat van Italië die tweede suksesvolste nasie in Europa maak. Italië se hoogste sokkerliga is die Serie A, gevolg deur die Serie B.

Ander gewilde sportsoorte sluit in vlugbal, basketbal en rugby. Rugby geniet 'n goeie vlak van gewildheid, veral in die noorde van dié land. Die Italiaanse nasionale rugbyspan ding in die Sesnasies-toernooi met Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis mee en neem gereeld aan die Rugbywêreldbeker deel.

Die Giro d'Italia is 'n belangrike fietswedren wat elke Mei gehou word en tot die drie Grand Tours behoort, saam met die Tour de France en die Vuelta a España. In Formule Een word sedert 1950 die Italiaanse Grand Prix aangebied, oorwegend in Monza.

Italië het al verskeie groot sportgeleenthede soos twee FIFA Sokker-Wêreldbekers (1934 en 1990), een Olimpiese Somerspele (1960) en twee Olimpiese Winterspele (1956 en 2006) gehuisves.

Vakansiedae

DatumAfrikaanse NaamPlaaslike NaamOpmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagCapodanno 
6 JanuarieEpifanieEpifania 
VeranderendPaassondagPasqua 
VeranderendPaasmaandagLunedì di Pasqua 
25 AprilHerdenking van bevrydingLiberazione1945
1 MeiWerkersdagFesta del Lavoro 
2 JunieRepubliekdagFesta della Repubblica1946
15 AugustusHemelvaartAssunzione 
1 NovemberAlle HeiligesdagTutti i Santi 
8 DesemberOnbevlekte OpnemingImmacolata 
25 DesemberKersfeesNatale 
26 DesemberSt. StefandagSanto Stefano 
31 DesemberOujaarsdagSan Silvestro 

Verwysings

  1. (it) "National demographic estimate, December 2016". ISTAT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 August 2017. Besoek op 1 June 2018.
  2. (it) "Resident population and population change". ISTAT. Besoek op 12 Mei 2014.
  3. 1 2 3 4 (en) "World Economic Outlook Database, Oktober 2017 – Italy". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Junie 2018.
  4. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 March 2017. Besoek op 1 June 2018.
  5. (en) "Gini coefficient of equivalsed disposable income (source: SILC)". Luxembourg: Eurostat. 15 June 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 March 2016. Besoek op 1 June 2018.

Eksterne skakels


Streke van Italië

Abruzze (Abruzzo)Apulië (Puglia) • Basilicata • Kalabrië (Calabria)Kampanië (Campania)Emilia-Romagna • Friuli-Venezia Giulia • Latium (Lazio)Ligurië (Liguria)Lombardye (Lombardia) • Marke (Marche) • Molise • Piëmont (Piemonte)Sardinië (Sardegna)Sisilië (Sicilia)Toskane (Toscana)Trentino-Suid-Tirol (Trentino-Alto Adige) • Umbrië (Umbria)
Valle d'Aosta • Veneto

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.