FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat tans plaasvind.
Die inligting op hierdie bladsy kan vinnig verander soos nuwe data beskikbaar raak.
FIFA Sokker-Wêreldbeker
Чемпионат мира по футболу FIFA 2018
(Chempionat mira po futbolu FIFA 2018)
Toernooi-inligting
Gasheerland  Rusland
Datums 14 Junie – 15 Julie
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions 12 (in 11 stede)
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 11
Doele 25 (2.27 per wedstryd)
Bywoning 531 099 (48 282 per wedstryd)
Meeste punte Cristiano Ronaldo (3 doele)
2014
2022

Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Russies: Чемпионат мира по футболу FIFA 2018, Chempionat mira po futbolu FIFA 2018, [tɕɪmʲpʲɪɐˈnat ˈmʲirə pə fʊdˈboɫʊ ˈfiːfə dvʲɪˈtɨsʲɪtɕɪ vəsʲɪmˈnatsətʲ]; Engels: FIFA World Cup) word vanaf 14 Junie tot 15 Julie 2018 in Rusland aangebied. Dit is die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Rusland aangebied word en die elfde in Europa. Ná die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 die tweede groot sportkompetisie in Rusland. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 het as voorbereiding vir die gasheerland gedien.

32 nasionale sokkerspanne neem aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 deel. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurdring. Die eindstryd sal in die Luzhnikistadion van Moskou beslis word; die wenner sal outomaties vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 kwalifiseer. Gunstelinge vir kampioenskap voor die begin van die toernooi sluit in Brasilië, Duitsland, Frankryk en Spanje.[1]

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon nie vir die toernooi kwalifiseer nie en sal dus nie deelneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Panama en Ysland neem vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deel.

Toewysing

FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gemeenskaplik toegewys sal word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooie in dieselfde kontinentale organisasie gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys is; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir beide 2018 en 2022, omdat die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.[2]

Rusland is op 2 Desember 2010 in Zürich deur die FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Ander kandidaatlande was Engeland, 'n gemeenskaplike kandidatuur deur Nederland en België asook Spanje en Portugal. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan Katar toegewys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018[3]
Land Rondte 1 Rondte 2
 Rusland913
 Spanje en  Portugal77
 Nederland en  België42
 Engeland2

Kwalifisering

Die gasheer Rusland het outomaties vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.

Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 12 Maart 2015 en 15 November 2017 beslis. Noemenswaardige lande wat nie kon kwalifiseer nie sluit in die viermalige wêreldbekerwenner Italië en die derde plek van 2014, Nederland. Vier verdedigende kontinentale kampioene kon nie kwalifiseer nie: die Afrikanasiesbeker 2017-wenner Kameroen, die tweemalige Copa América- en FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017-naaswenner Chili, die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland en die CONCACAF se Gouebeker 2017-wenner Verenigde State. Vir die eerste keer neem drie Skandinawiese lande (Denemarke, Swede en Ysland) en vier Arabiese lande (Egipte, Marokko, Saoedi-Arabië en Tunisië) gelyktydig aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deel.[4]

Kwalifiserende spanne

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
 Argentinië 17de122014Kampioen (1978, 1986)
 Australië 5de42014Agtste eindrondte (2006)
 België 13de22014Vierde plek (1986)
 Brasilië 21ste212014Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)
 Colombia 6de22014Kwarteindrondte (2014)
 Costa Rica 5de22014Kwarteindrondte (2014)
 Denemarke 5de12010Kwarteindrondte (1998)
 Duitsland 19de172014Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014)
 Egipte 3de11990Agtste eindrondte (1934)
 Engeland 15de62014Kampioen (1966)
 Frankryk 15de62014Kampioen (1998)
 Iran 5de22014Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014)
 Japan 6de62014Agtste eindrondte (2002, 2010)
 Kroasië 5de22014Derde plek (1998)
 Marokko 5de11998Agtste eindrondte (1986)
 Meksiko 16de72014Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nigerië 6de32014Agtste eindrondte (1994, 1998, 2014)
 Panama 1ste1Debuut
 Peru 5de11982Kwarteindrondte (1970)
 Pole 8ste12006Derde plek (1974, 1982)
 Portugal 7de52014Derde plek (1966)
 Rusland 11de22014Vierde plek (1966)
 Saoedi-Arabië 5de12006Agtste eindrondte (1994)
 Senegal 2de12002Kwarteindrondte (2002)
 Serwië 12de12010Vierde plek (1930, 1962)
 Spanje 15de112014Kampioen (2010)
 Suid-Korea 10de92014Vierde plek (2002)
 Swede 12de12006Naaswenner (1958)
 Switserland 11de42014Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)
 Tunisië 5de12006Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006)
 Uruguay 13de32014Kampioen (1930, 1950)
 Ysland 1ste1Debuut

Stadions

Rusland het die volgende gasheerstede voorgestel: Jaroslawl, Jekaterinburg, Kaliningrad, Kazan, Krasnodar, Moskou, Nizjni Nowgorod, Rostof aan die Don, Samara, Saransk, Sint Petersburg, Sotsji en Wolgograd.[5]

Moskou Sint Petersburg Sotsji
Luzhnikistadion Otkrytiye Arena
(Spartakstadion)
Krestowskijstadion
(Sint Petersburg-stadion)
Fisht Olimpiese Stadion
(Fishtstadion)
Kapasiteit: 81 000 Kapasiteit: 45 360 Kapasiteit: 68 134 Kapasiteit: 47 659
Samara Kazan
Cosmos Arena
(Samara Arena)
Kazan Arena
Kapasiteit: 44 918 Kapasiteit: 45 379
Rostof aan die Don Wolgograd
Rostof Arena Wolgograd Arena
Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 45 568
Nizjni Nowgorod Saransk Jekaterinburg Kaliningrad
Nizjni Nowgorodstadion Mordowië Arena Sentrale Stadion
(Ekaterinburg Arena)
Kaliningradstadion
Kapasiteit: 44 899 Kapasiteit: 44 442 Kapasiteit: 35 696 Kapasiteit: 35 212

Wedstryde

Die wedstryde word in twee fases opgedeel, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2017 in die Moskouse Kremlin gehou.

Groepuitdunne

32 spanne neem aan die groepuitdunne deel. Die boonste twee spanne in elke groep dring na die tweede rondte (die uitklopfase) deur.

Groep A

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Rusland 110050+53
 Uruguay 110010+13
 Egipte 100101–10
 Saoedi-Arabië 100105–50

14 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Rusland 5–0  Saoedi-Arabië Luzhnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Gazinski 12'
Tsjerisjef 43', 90+1'
Dzjoeba 71'
Golowin 90+4'
Verslag

15 Junie 2018
17:00 JEKT (UTC+5)
 Egipte 0–1  Uruguay Ekaterinburg Arena, Jekaterinburg
Toeskouers: 27 015
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Verslag 89' Giménez

19 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Rusland Wedstryd 17  Egipte Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Skeidsregter: Enrique Cáceres (Paraguay)
Verslag

20 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Uruguay Wedstryd 18  Saoedi-Arabië Rostof Arena, Rostof aan die Don
Verslag

25 Junie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Uruguay Wedstryd 33  Rusland Samara Arena, Samara
Verslag

Groep B

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Iran 110010+13
 Portugal 101033±01
 Spanje 101033±01
 Marokko 100101–10

25 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Spanje Wedstryd 36  Marokko Kaliningradstadion, Kaliningrad
Verslag

Groep C

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Frankryk 110021+13
 Denemarke 110010+13
 Australië 100112–10
 Peru 100101–10

16 Junie 2018
13:00 MSK (UTC+3)
 Frankryk 2–1  Australië Kazan Arena, Kazan
Toeskouers: 41 279
Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay)
Griezmann 58' (straf)
Behich 81' (e. d.)
Verslag 62' (straf) Jedinak

16 Junie 2018
19:00 MSK (UTC+3)
 Peru 0–1  Denemarke Mordowië Arena, Saransk
Toeskouers: 40 502
Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië)
Verslag 59' Poulsen

21 Junie 2018
16:00 SAMT (UTC+4)
 Denemarke Wedstryd 21  Australië Samara Arena, Samara
Verslag

21 Junie 2018
20:00 JEKT (UTC+5)
 Frankryk Wedstryd 22  Peru Ekaterinburg Arena, Jekaterinburg
Verslag

26 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Denemarke Wedstryd 37  Frankryk Luzhnikistadion, Moskou
Verslag

26 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Australië Wedstryd 38  Peru Fishtstadion, Sotsji
Verslag

Groep D

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Kroasië 110020+23
 Argentinië 101011±01
 Ysland 101011±01
 Nigerië 100102–20

16 Junie 2018
16:00 MSK (UTC+3)
 Argentinië 1–1  Ysland Spartakstadion, Moskou
Toeskouers: 44 190
Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole)
Agüero 19' Verslag 23' Finnbogason

16 Junie 2018
21:00 KALT (UTC+2)
 Kroasië 2–0  Nigerië Kaliningradstadion, Kaliningrad
Toeskouers: 31 136
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Etebo (e. d.) 32'
Modrić 71' (straf)
Verslag

21 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Argentinië Wedstryd 23  Kroasië Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Verslag

22 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Nigerië Wedstryd 24  Ysland Wolgograd Arena, Wolgograd
Verslag

26 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Nigerië Wedstryd 39  Argentinië Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Verslag

26 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Ysland Wedstryd 40  Kroasië Rostof Arena, Rostof aan die Don
Verslag

Groep E

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Serwië 110010+13
 Brasilië 101011±01
 Switserland 101011±01
 Costa Rica 100101–10

17 Junie 2018
16:00 SAMT (UTC+4)
 Costa Rica 0–1  Serwië Samara Arena, Samara
Toeskouers: 41 432
Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal)
Verslag 56' Kolarof

17 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Brasilië 1–1  Switserland Rostof Arena, Rostof aan die Don
Toeskouers: 43 109
Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko)
Coutinho 20' Verslag 50' Zuber

22 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Brasilië Wedstryd 25  Costa Rica Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Verslag

22 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Serwië Wedstryd 26  Switserland Kaliningradstadion, Kaliningrad
Verslag

27 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Serwië Wedstryd 41  Brasilië Spartakstadion, Moskou
Verslag

27 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Switserland Wedstryd 42  Costa Rica Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Verslag

Groep F

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Meksiko 110010+13
 Swede 000000±00
 Suid-Korea 000000±00
 Duitsland 100101–10

17 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Duitsland 0–1  Meksiko Luzhnikistadion, Moskou
Toeskouers: 78 011
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Verslag 35' Lozano

18 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Swede Wedstryd 12  Suid-Korea Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
Verslag

23 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Suid-Korea Wedstryd 27  Meksiko Rostof Arena, Rostof aan die Don
Verslag

23 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Duitsland Wedstryd 28  Swede Fishtstadion, Sotsji
Verslag

27 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Suid-Korea Wedstryd 43  Duitsland Kazan Arena, Kazan
Verslag

27 Junie 2018
19:00 YEKT (UTC+5)
 Meksiko Wedstryd 44  Swede Ekaterinburg Arena, Jekaterinburg
Verslag

Groep G

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 België 000000±00
 Panama 000000±00
 Tunisië 000000±00
 Engeland 000000±00

18 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 België Wedstryd 13  Panama Fishtstadion, Sotsji
Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië)
Verslag

18 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Tunisië Wedstryd 14  Engeland Wolgograd Arena, Wolgograd
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Verslag

23 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 België Wedstryd 29  Tunisië Spartakstadion, Moskou
Verslag

24 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Engeland Wedstryd 30  Panama Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Verslag

28 Junie 2018
20:00 KALT (UTC+2)
 Engeland Wedstryd 45  België Kaliningradstadion, Kaliningrad
Verslag

28 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Panama Wedstryd 46  Tunisië Mordowië Arena, Saransk
Verslag

Groep H

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
 Pole 000000±00
 Senegal 000000±00
 Colombia 000000±00
 Japan 000000±00

19 Junie 2018
15:00 MSK (UTC+3)
 Colombia Wedstryd 15  Japan Mordowië Arena, Saransk
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Verslag

19 Junie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
 Pole Wedstryd 16  Senegal Spartakstadion, Moskou
Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein)
Verslag

24 Junie 2018
20:00 YEKT (UTC+5)
 Japan Wedstryd 31  Senegal Ekaterinburg Arena, Jekaterinburg
Verslag

24 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
 Pole Wedstryd 32  Colombia Kazan Arena, Kazan
Verslag

28 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
 Japan Wedstryd 47  Pole Wolgograd Arena, Wolgograd
Verslag

28 Junie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
 Senegal Wedstryd 48  Colombia Samara Arena, Samara
Verslag

Uitklopfase

Agtste eindrondte Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                           
30 Junie – Sotsji            
 Wenner Groep A  
6 Julie – Nizjni Nowgorod
 Naaswenner Groep B    
 Wenner Wedstryd 49  
30 Junie – Kazan
   Wenner Wedstryd 50    
 Wenner Groep C  
10 Julie – Sint Petersburg
 Naaswenner Groep D    
 Wenner Wedstryd 57  
2 Julie – Samara
   Wenner Wedstryd 58    
 Wenner Groep E  
6 Julie – Kazan
 Naaswenner Groep F    
 Wenner Wedstryd 53  
2 Julie – Rostof aan die Don
   Wenner Wedstryd 54    
 Wenner Groep G  
15 Julie – Moskou (Luzhniki)
 Naaswenner Groep H    
 Wenner Wedstryd 61  
1 Julie – Moskou (Luzhniki)
   Wenner Wedstryd 62  
 Wenner Groep B  
7 Julie – Sotsji
 Naaswenner Groep A    
 Wenner Wedstryd 51  
1 Julie – Nizjni Nowgorod
   Wenner Wedstryd 52    
 Wenner Groep D  
11 Julie – Moskou (Luzhniki)
 Naaswenner Groep C    
 Wenner Wedstryd 59  
3 Julie – Sint Petersburg
   Wenner Wedstryd 60     derde plek
 Wenner Groep F  
7 Julie – Samara 14 Julie – Sint Petersburg
 Naaswenner Groep E    
 Wenner Wedstryd 55    Verloorder Wedstryd 61  
3 Julie – Moskou (Spartak)
   Wenner Wedstryd 56      Verloorder Wedstryd 62  
 Wenner Groep H  
 Naaswenner Groep G    

Agtste eindrondte


30 Junie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
Wenner Groep C Wedstryd 50 Naaswenner Groep D Kazan Arena, Kazan
Verslag

30 Junie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Groep A Wedstryd 49 Naaswenner Groep B Fishtstadion, Sotsji
Verslag

3 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
Wenner Groep F Wedstryd 55 Naaswenner Groep E Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Verslag

3 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Groep H Wedstryd 56 Naaswenner Groep G Spartakstadion, Moskou
Verslag

Kwarteindrondte


6 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 49 Wedstryd 57 Wenner Wedstryd 50 Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod
Verslag

6 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 53 Wedstryd 58 Wenner Wedstryd 54 Kazan Arena, Kazan
Verslag

7 Julie 2018
18:00 SAMT (UTC+4)
Wenner Wedstryd 55 Wedstryd 60 Wenner Wedstryd 56 Samara Arena, Samara
Verslag

7 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 51 Wedstryd 59 Wenner Wedstryd 52 Fishtstadion, Sotsji
Verslag

Halfeindrondte


10 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 57 Wedstryd 61 Wenner Wedstryd 58 Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Verslag

11 Julie 2018
21:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 59 Wedstryd 62 Wenner Wedstryd 60 Luzhnikistadion, Moskou
Verslag

Klein finale (om die derde plek)


14 Julie 2018
17:00 MSK (UTC+3)
Verloorder Wedstryd 61 Wedstryd 63 Verloorder Wedstryd 62 Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg
Verslag

Eindstryd


15 Julie 2018
18:00 MSK (UTC+3)
Wenner Wedstryd 61 Wedstryd 64 Wenner Wedstryd 62 Luzhnikistadion, Moskou
Verslag
2018 Wêreldkampioen
Wenner Wedstryd 64

Verwysings

  1. (en) "2018 FIFA World Cup Russia™ – News – The favourites in focus – FIFA.com". FIFA. 10 Junie 2018. Besoek op 12 Junie 2018.
  2. (en) "Fifa abandons World Cup rotation". BBC. 29 Oktober 2007. Besoek op 14 Junie 2018.
  3. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Junie 2018.
  4. (en) "In first, 4 Arab countries qualify for FIFA World Cup Finals". The Times of Israel. 12 November 2017. Besoek op 13 November 2017.
  5. (en) "2018 FIFA World Cup Bid Evaluation Report: Russia" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Junie 2018.

Eksterne skakels

Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 20262030

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.