Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog

Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Deel van die Amerikaanse Rewolusie

Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Datum 19 April 17753 September 1783
Ligging Oostelike Noord-Amerika, Gibraltar, Baleariese Eilande, Sentraal-Amerika, Karibiese See, Atlantiese en Stille Oseaan
Resultaat Vrede van Parys
  • Onafhanklikheid van die VSA
Gebieds-
veranderinge
Nieu-Engeland word onafhanklik van die Koninkryk van Groot-Brittanje, Spanje ontvang Florida en Menorca van Groot-Brittanje, Frankryk ontvang Senegal en Tobago van Groot-Brittanje, Groot-Brittanje ontvang Nagapattinam van Nederland
Strydende partye
 Verenigde State
Frankryk (1778–1783)
Spanje (1779–1783)
Nederland (1780–1783)

Co-oorlogvoering
Mysore (1779–1784)
Vermont (1777–1783)
Oneida
Tuscarora
Watauga
Catawba
Lenape

Koninkryk van Groot-Brittanje
Braunschweig-Lüneburg
Hertog van Braunschweig
Waldeck

Co-oorlogvoering
Onondaga
Mohawk
Cayuga
Seneca
Cherokee

Aanvoerders
George Washington
Nathanael Greene
Horatio Gates
Richard Montgomery (†)
Daniel Morgan
Henry Knox
Benedict Arnold
Friedrich Wilhelm von Steuben
Gilbert du Motier
Comte de Rochambeau
Comte de Grasse
Duc de Crillon
Bailli de Suffren
Bernardo de Gálvez
Luis de Córdova
Juan de Lángara
Hyder Ali
Tipu Sultan
Lord North
Sir William Howe
Thomas Gage
Sir Henry Clinton
Lord Cornwallis
Sir Guy Carleton
John Burgoyne
George Eliott
Benedict Arnold
George Rodney
Richard Howe
Sir Hector Munro
Wilhelm von Knyphausen
Joseph Brant
Sterkte
35 000 VS-amerikaanse soldate
44 500 milisie
5 000 matrose[1]
34 skepe (1779)[2]
53 skepe[1]
10 000 Franse soldate in die Amerikas
~60 000 Franse en Spaanse soldate in Europa
56 000 Britse soldate
78 skepe in 1775[1]
171 000 matrose[3]
30 000 Duitse soldate[4]
50 000 lojaliste[5]
13 000 Indians[6]
Ongevalle en verliese
±50 000 VS-amerikaane dood of gewond
±6 000 Franse en Spanjaarde in Europa
±20 000 Britte dood of gewond
19 740 matrose dood[3]
42 000 matrose gedros[3]
7 554 Duitsers dood

Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog (Engels: American Revolutionary War) of Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Engels: American War of Independence) was 'n oorlog in Noord-Amerika tussen die 13 kolonies en die Koninkryk van Groot-Brittanje, wat op 19 April 1775 met die Amerikaanse Rewolusie begin het en op 3 September 1783 met die Vrede van Parys geëindig het. Tydens die oorlog is die Verenigde State van Amerika op 4 Julie 1776 gestig, wat Groot-Brittanje later met die Vrede van Parys erken het.

Die Amerikaners het geglo dat dit onregverdig is om aan Brittanje belasting te betaal, aangesien hulle geen verteenwoordig in die Britse parlement gehad het nie. Wedersydse ongelukkigheid het tot die Bostonslagting en die Boston Teeparty aanleiding gegee, wat uiteindelik tot 'n volskaalse rewolusie geëskaleer het. Genl. George Washington het die Amerikaanse magte gelei.

In 1778, 1779 en 1780 het die Europese magte Frankryk, Spanje en Nederland met die ondersteuning van die rewolusie begin, wat die oorlog tot 'n globale konflik verhef het. In Februarie 1782 het Spanje Port Mahon op die eiland Menorca verower, terwyl die Spaanse beleg van Gibraltar misluk het. Groot-Brittanje het in dieselfde jaar die Deense en Nederlandse Goudkus (die huidige Ghana) beset. Daarop het Franse troepe in die Nederlandse Kaapkolonie geland, om tesame 'n Britse aanval af te weer.[7] Die poging, om die Rewolusie ná die Britse gebiede Florida en Quebec uit te brei, was nie suksesvol nie, maar Spanje het Florida van Groot-Brittanje verower.

Die oorlog is in 1781 beëindig nadat die Britse magte oorgegee het, en in 1783 is die Vrede van Parys onderteken. In hierdie vredesooreenkoms word die gebied van die onafhanklike VSA erken, begrens deur die Britse Kanada in die noorde, die Spaanse Florida in die suide en die Franse gebiede wes van die Mississippirivier. Met 'n wyer internasionale vrede is ander gebiede tussen die Europese magte uitgeruil.

Slagte van die oorlog

Sien ook

Verwysings

  1. 1 2 3 (en) Jack P. Greene and J. R. Pole. A Companion to the American Revolution (Wiley-Blackwell, 2003), bl. 328.
  2. (en) Everett C. Dolman. The Warrior State: How Military Organization Structures Politics (Macmillan, 2004), bl. 163.
  3. 1 2 3 (en) Mackesy (1964), bl. 6, 176 (British seamen)
  4. (en) A. J. Berry, A Time of Terror (2006) bl. 252
  5. (en) Claude, Van Tyne, The loyalists in the American Revolution (1902) bl. 182–3.
  6. (en) Greene and Pole (1999), bl. 393; Boatner (1974), bl. 545
  7. Sien Geskiedenis van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika#Tien jaar van kunsmatige welvaart: "Toe Nederland tot die oorlog toegetree het, het die Franse vloot onder Suffren ’n poging van die Britte om die Kaap te verower, verydel."
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.