Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen verbeter en uitgebrei kan word.
Sondag, 17 Junie 2018
Hier is tans 50 026 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

Die Alpe (Duits: Alpen, Frans: Alpes, Italiaans: Alpi, Romansch: Alps, Sloweens: Alpe) is 'n magtige bergreeks in Europa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot Italië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na die Dinariese Gebergte, in die noordooste na die Karpate. Die hoogste bergpiek, Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter bo seevlak. Naas die genoemde lande strek die Alpe ook oor die staatsgebied van Monaco in die suidweste en Switserland en Liechtenstein in die noordweste.

Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Alpynse voetheuwels (Duits: Voralpen, tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (op 'n hoogte van meer as 3 000 meter).

Die Alpe het gedurende die geologiese tydperk van die tersiêr ontstaan, toe die oorspronklike vasteland van Afrika noordwaarts beweeg en die sedimentafsettings van die Middellandse See sodoende eers saamgepers en daarna geplooi het. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte.

Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende die Ystydperk het gletsers die voorkoms van die gebergte verander en begin om groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos die Bodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en die Gardameer in Noord-Italië laat ontstaan het.

As 'n waterskeiding en klimatologiese grensgebied skei die Alpe die stroomgebiede van die Noordsee, die Middellandse See en die Swartsee en die klimaatsones van die maritieme gebied in die weste, die kontinentale in die noorde en ooste en die gematigde Mediterreense gebied in die suide van mekaar. Die bergreeks is die brongebied van groot Europese riviere soos die Inn, Po, Rhône en Ryn.

...lees verder

In die nuus

Het u geweet...

... dat die katedraal van Straatsburg, met sy toring van 142 meter, wat in 1439 in Straatsburg voltooi is, sover bekend tot 1874 die hoogste gebou ter wêreld was?

... dat die Normandiese dialek Jèrriais nog steeds op die Kanaaleiland Jersey as omgangstaal gepraat word, alhoewel die eiland reeds sedert 1066 onder die die Britse Kroon val? Jersey vorm egter nie deel van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie.

Vandag in die geskiedenis

17 Junie: Onafhanklikheidsdag in Ysland (1944)

Voorbladbeeld
Benoudheid (1876–1880), skildery deur August Friedrich Schenck (1828–1901), olie op doek.
Vind artikels
Soekhulp

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБългарскиНохчийнDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansБеларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenКыргызчаLatviešuMalagasyМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుTagalogТатарча / tatarça

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.