Statebondspele

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat elke vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Alhoewel die Britse Statebond 52 lidlande het, is daar 70 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2022 in die Engelse stad Birmingham aangebied word.

Geskiedenis

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie van Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Uitslae

Uitslae volgens jare

Uitgawe Jaar Gasheer Geopen deur Begin Einde Sporte Gebeure Nasies Deelnemers Beste nasie
Inter-Ryk Kampioenskappe
1911 Londen, Engeland George V 12 Mei 1 Junie 4 94 Onbekend  Kanada
Britse Rykspele
I 1930 Hamilton, Kanada Lord Willingdon 16 Augustus 23 Augustus 65911400  Engeland
II 1934 Londen, Engeland[1] 4 Augustus 11 Augustus 6 6816 500  Engeland
III 1938 Sydney, Australië Lord Wakehurst 5 Februarie 12 Februarie 7 7115 464  Australië
1942 Montreal, Kanada Gekanselleer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog[2]
1946 Cardiff, Wallis
IV 1950 Auckland, Nieu-Seeland Bernard Freyberg 4 Februarie 11 Februarie 9 88 12 590  Australië
Britse Ryk en Statebondspele
V 1954 Vancouver, Kanada Harold Alexander 30 Julie 7 Augustus 9 91 24 662  Engeland
VI 1958 Cardiff, Wallis Philip, Hertog van Edinburg 18 Julie 26 Julie 9 94 36 1122  Engeland
VII 1962 Perth, Australië 22 November 1 Desember 9 104 35 863  Australië
VIII 1966 Kingston, Jamaika 4 Augustus 13 Augustus 9 11034 1050  Engeland
Britse Statebondspele
IX 1970 Edinburg, Skotland Philip, Hertog van Edinburg 16 Julie 25 Julie 9 121 421383  Australië
X 1974 Christchurch, Nieu-Seeland 24 Januarie 2 Februarie 9 121 381276  Australië
Statebondspele
XI 1978 Edmonton, Kanada Elizabeth II 3 Augustus 12 Augustus 10 128 461474  Kanada
XII 1982 Brisbane, Australië Philip, Hertog van Edinburg 30 September 9 Oktober 10 142 461583  Australië
XIII 1986 Edinburg, Skotland Elizabeth II 24 Julie 2 Augustus 10 163 26 1662  Engeland
XIV 1990 Auckland, Nieu-Seeland Edward, Graaf van Wessex 24 Januarie 3 Februarie 10 204 552073  Australië
XV 1994 Victoria, Kanada Elizabeth II 18 Augustus 28 Augustus 10 217 63 2557  Australië
XVI 1998 Kuala Lumpur, Maleisië Mahathir Mohamad 11 September 21 September 15 213 70 3633  Australië
XVII 2002 Manchester, Engeland Elizabeth II 25 Julie 4 Augustus 17 281 72 3679  Australië
XVIII 2006 Melbourne, Australië 15 Maart 26 Maart 16 245 714049  Australië
XIX 2010 Delhi, Indië Pratibha Patil 3 Oktober 14 Oktober 17 272 716081  Australië
XX 2014 Glasgow, Skotland Elizabeth II 23 Julie 3 Augustus 17 261 71 4947  Engeland
XXI 2018 Goudkus, Australië Charles, Prins van Wallis 4 April 15 April 19 275 71 4426  Australië
XXII 2022 Birmingham, Engeland[3] n.n.b. 27 Julie 7 Augustus
XXIII 2026 Verkiesing in 2019 n.n.b.

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.[4]

Statebondspele volgens gashere

No. Land Vasteland Getal Jaar(e) aangebied
1  Australië Oseanië 5 1938, 1962, 1982, 2006, 2018
2  Kanada Amerikas 4 1930, 1954, 1978, 1994
3  Engeland Europa 4 (1911), 1934, 2002, 2022
4  Nieu-Seeland Oseanië 3 1950, 1974, 1990
 Skotland Europa 3 1970, 1986, 2014
6  Indië Asië 1 2010
 Maleisië Asië 1 1998
 Jamaika Amerikas 1 1966
 Wallis Europa 1 1958

Verwysings

  1. Oorspronklik aan Johannesburg, Suid-Afrika, toegeken
  2. (en) The Complete Book of The Commonwealth Games (Gold Coast Edition) by Graham Groom (2017)
  3. Oorspronklik aan Durban, Suid-Afrika, toegeken
  4. (en) "The Story of the Commonwealth Games". Commonwealth Games Federation. Besoek op 16 April 2018.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.