Ian Khama

Ian Kharma

Ian Kharma in 2014


Ampstermyn
1 April 2008  1 April 2018
Vise Ponatshego Kedikilwe
Mompati Merafhe
Mokgweetsi Masisi
Voorafgegaan deur Festus Mogae
Opgevolg deur Mokgweetsi Masisi

5de Adjunkpresident van Botswana
Ampstermyn
13 Julie 1998  1 April 2008
President Festus Mogae
Voorafgegaan deur Festus Mogae
Opgevolg deur Mompati Merafhe

Persoonlike besonderhede
Geboorte 27 Februarie 1953 (1953-02-27)
Chertsey, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Botswana Democratic Party
Alma mater Royal Military Academy Sandhurst

Militêre Diens
Lojaliteit  Botswana
Diens/Tak Botswana Verdedigingsmag
Jare in diens 1977–1998
Rang Luitenant-generaal

Seretse Khama Ian Khama[1] (of Ian a Serêtsê; * 27 Februarie 1953)[2] is 'n Tswana-politikus wat tussen 2008 en 2018 as President van Botswana gedien het. Nadat hy as bevelvoerder van die Botswana Verdedigingsmag gedien het, het hy die politiek toegetree en vanaf 1998 tot 2008 as Adjunkpresident van Botswana gedien en aansluitend op 1 April 2008 Festus Mogae as President opgevolg. Hy het 'n volle termyn in die 2009-verkiesing gewen en is in Oktober 2014 herverkies. Na tien jaar in amp het Ian Khama op 1 April 2018 afgedank en is deur adjunkpresident Mokgweetsi Masisi opgevolg.[3]

Persoonlike lewe

Ian Khama is die eersgebore seun en tweede kind van Sir Seretse Khama (1 Julie 1921 – 13 Julie 1980), wat die land se voorste onafhanklikheidsleier en President vanaf 1966 tot 1980 was, en Lady Khama. Hy is in Chertsey, Surrey, gebore, gedurende die tydperk waarin sy pa verban is ná die Verenigde Koninkryk as gevolg van die opposisie deur die koloniale regering en die opkomende Apartheidsregime in Suid-Afrika teen sy huwelik met 'n wit vrou.

Hy is ook die kleinseun van Sekgoma II (1869–1925), wat die opperhoof van die Bamangwato-volk was, en die agterkleinseun van Khama III (1837–1923), hul koning; en die agteragterkleinseun Kgosikgolo Sekgoma I, die hoof van die Bamangwato-volk (1815–1885). Die naam "Seretse" beteken "die klei wat saambind", en is aan sy pa gegee om die onlangse versoening van sy pa en oupa te vier; hierdie versoening verseker Seretse Khama se opvolging op die troon toe sy ou pa in 1925 oorlede is. Seretse Khama Ian Khama is na sy vader genoem om hierdie historiese nalatenskap voort te sit. Hy is ook net as Ian Khama bekend om tussen homself en sy vader te onderskei. Tshekedi Khama II, Ian Khama se broer, is na hul groot oom, Tshekedi Khama, genoem wat die regent en voog was van Seretse Khama, die eerste President van Botswana.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur:
Festus Mogae
President van Botswana
2008–2018
Opgevolg deur:
Mokgweetsi Masisi
Voorafgegaan deur:
Festus Mogae
Adjunkpresident van Botswana
1998–2008
Opgevolg deur:
Mompati Merafhe
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.