Curitiba

Curitiba

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Brasilië
 Deelstaat Paraná
 Koördinate 25° 25' 47" S 49° 16' 19" O
 Stigting 29 Maart 1693
 Oppervlakte:  
 - Totaal 434,967 vk km
 Hoogte bo seevlak 934 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2015) 1 879 355
 - Bevolkingsdigtheid 4 111,9/vk km
 Tydsone UTC -3
 Burgemeester Rafael Greca (PMN)
 Amptelike Webwerf Curitiba

Curitiba is die hoofstad van die Suid-Brasiliaanse deelstaat Paraná met 'n oppervlakte van 434,967 vierkante kilometer en 1 879 355 inwoners (2015). Curitiba is die grootste stad in Suid-Brasilië en beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, media-ondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse, en is 'n sentrum vir politiek, vermaaklikheid, en kultuur van die Brasiliaanse suide.

Curitiba is een van die vinnigste groeiende metropolitaanse gebiede in die land. Die stad, wat in 1693 gestig is, bestaan uit 'n funksionele middestad met wolkekrabbers wat deur woonbuurte en nywerheidsgebiede omring word. Curitiba word danksy sy moderne en doeltreffende openbare vervoerstelsel, toekomsgerigte stadsbeplanning en hoë lewensgehalte as 'n modelstad vir ander Derde-Wêreld-metropole beskou. Ter geleentheid van die Verenigde Nasies se Wêreld-Habitat-Dag in Bonn is op 6 Oktober 1997 die World Habitat Award aan Curitiba toegeken.

Eksterne skakels

Hoofstede van Brasilië
HoofstedeAracaju • BelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.