Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
Vrydag, 9 Oktober 2020
Hier is tans 94 433 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

Die Japanse nasionale rugbyspan (Japannees: ラグビー日本代表, Ragubī Nihon Daihyō; ook bekend as Die Kersiebloeisels of Sakura, en meer onlangs die Dapper Bloeisels) is die nasionale rugbyspan van Japan en verteenwoordig dié land tydens internasionale wedstryde (toetswedstryde). Rugby word in Japan deur die Japanse Rugbyvoetbalunie (Japan Rugby Football Union, JRFU), wat in 1926 gestig is, geadministreer. Japan het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en in 2019 vir die eerste keer die kwarteindstryd behaal. Japan is tans (Oktober 2020) negende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Japan word sedert Mei 2020 deur Wêreldrugby as ’n Vlak 1-span beskou.

Die span neem aan die jaarlikse Stille Oseaan Nasiesbeker deel, saam met Fidji, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Japan het voorheen ook aan die Asiatiese Kampioenskap deelgeneem en dié toernooi 25 keer gewen, by verre meer as enige ander span. Japan is tradisioneel die sterkste rugbymag in Asië en het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi, wat sedert 1987 gehou is, deelgeneem; hulle het in 2019 die eerste toernooi op Asiatiese bodem en buite die “tradisionele tuiste van rugby” gehuisves. Daarbenewens het Japan sodoende die eerste Vlak 2-span geword om ’n rugbywêreldbekertoernooi aan te bied en die Japanse nasionale rugbyspan is net een van twee Vlak 2-spanne (die ander is Kanada) wat by elke rugbywêreldbekertoernooi verskyn het.

Japanse rugby dateer terug na 1866, toe dit in die verdragshawens gespeel is. Die eerste plaaslike universiteitsspanne is in 1899 gestig en Japan se eerste bekende internasionale wedstryd is in 1932 teen ’n Kanadese span gespeel. Beroemde Japanse wedstryde sluit in ’n oorwinning oor die Opkomende All Blacks in 1968 en ’n net-net 3–6-nederlaag teen Engeland in 1971. Beroemde Japanse oorwinnings sluit in ’n 28–24 oor Skotland XV in 1989 en ’n 23–8 oor Wallis in 2013. Tydens die Rugbywêreldbeker 2007 het Japan met 12–12-gelykop gespeel teen Kanada. In 2011 het Japan verbeter deur die Stille Oseaan Nasiesbeker 2011 teen Fidji, Samoa en Tonga te wen. Verdere vooruitgang is getoon toe Japan in 2014 tien agtereenvolgende toetsoorwinnings behaal het (’n rekord vir ’n Vlak 2-span) en vir die eerste keer onder die wêreld se tien beste spanne was. Dit het in 2015 voortgeduur toe hulle hul eerste van drie groot verrassings behaal en die Springbokke tydens die Rugbywêreldbeker 2015 se poelfase met 34–32 oorrompel het. In onlangse jare het Japan teen opponente van gehalte te staan gekom, en het relatief goed gevaar met kwaliteitsuitslae soos ’n gelykopuitslag teen Frankryk en ’n skraps verloor teen Wallis in Cardiff. Hul tweede groot verrassing was ’n 19–12-oorwinning oor die destydse nommer 2-span Ierland tydens die Rugbywêreldbeker 2019 se poelfase. Vervolgens het hulle ná ’n 28–21-oorwinning oor Skotland tot hul eerste kwarteindstryd gevorder, maar is deur die uiteindelike kampioen Suid-Afrika met 26–3 geklop.

...lees verder

In die nuus
Ligging van die omstrede Republiek Artsach

Het u geweet...

...dat die diepste myn ter wêreld in Suid-Afrika is? Die Western Deep Levels-myn in Carletonville is 3,5 km diep.

...dat die wêreld se oudste restaurant in Salzburg in Oostenryk is? Die Stiftskeller St. Peter was oorspronklik 'n klooster wat reeds in 803 n.C. begin het om reisigers van maaltye te voorsien.

Vandag in die geskiedenis

9 Oktober Onafhanklikheidsdag in Uganda (1962), Hangul Day in Suid-Korea (1446), en Leif Erikson-dag in die VSA.

'n Wankelenjin

Voorbladbeeld


Voorbeelde van Acavus haemastoma haemastoma, oorspronklik van Matara, Sri Lanka.
Foto en versameling van: H. Zell, Duitsland.
Vind artikels
Soekhulp

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.