Claremont, Kaapstad

Claremont

Uitsig oor Claremont


Claremont
Koördinate: 33°58′50″S 18°27′55″O / 33.98056°S 18.46528°O / -33.98056; 18.46528Koördinate: 33°58′50″S 18°27′55″O / 33.98056°S 18.46528°O / -33.98056; 18.46528
Land  Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Kaapstad
Oppervlak
 - Voorstad 4,99 km²  (1,93 vk m)
Bevolking (2001)
 - Voorstad 14 531
 - Digtheid 2 912/km² (7 540/vk m)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7708
Webwerf: claremontcentral.co.za

Claremont is 'n gesogte suidelike voorstad van Kaapstad en word onder meer begrens deur Rondebosch, Nuweland en Kenilworth, Kaapstad.

Van die grootste aantreklikhede is die winkelsentrum Cavendish Square in die sakekern, wat as desentralisasiepunt vir die middestad dien. Hier is 'n lieflike openbare tuin, Arderne-tuin, wat eens op 'n tyd deel was van die landgoed genaamd The Hill. Dit is in 1840 aangekoop deur 'n Engelse immigrant, Ralph Arderne. Hy het een van die voortreflikste versamelings bome op die Afrika-vasteland hier aangeplant, waarvan die meeste uitheems is.

Claremont was die tuiste van die 19de-eeuse astronoom, sir John Herschel, na wie die bekende privaat meisieskool Herschel-skool genoem is.

Wapen

Claremont het van 1886 tot 1913 sy eie munisipaliteit gehad. Die munisipale wapen was : In rooi, 'n vroulike figuur wat Hoop voorstel, wat met haar regterarm teen 'n rots leen en 'n anker met haar linkerhand vashou, vergesel van drie goue ringe. Die helmteken was 'n voorstelling van die Herschel-gedenknaald; die skildhouers was 'n wildebees en 'n gemsbok; en die wapenspreuk was "Vestigia nulla retrorsum".[1]

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. Arma Nr 45 (1968).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.