Bloed

'n Paar rooibloedselle
'n Bloeiende vinger
'n Bloedskenker

Bloed is 'n vloeibare, sirkulerende weefsel en 'n klewerige, donkerrooi, ondersigtige vloeistof met 'n souterige smaak. Hoewel dit na 'n homogene vloeistof lyk, bestaan dit in werklikheid uit 'n vloeibare deel, die bloedplasma, en verskillende bloedliggame wat daarin dryf. Die bloedplasma is saamgestel uit water, proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Die bloedliggame is saamgestel uit rooibloedselle (eritrosiete), witbloedselle (leukosiete) en plaatjies (trombosiete).

Sien ook

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.